Die HEILIGE EUCHARISTIE d.w.s. die VIERING VAN DIE HEILIGE MIS is "die bron en hoogtepunt van die Christelike lewe". (Kategismus van die Katolieke Kerk 1324) Die viering van die Heilige Mis is 'n Liturgiese aksie; die viering van die geheimenisse van Christus, in die besonder van sy Paasgeheimenisse.
In hierdie perfekte vorm van aanbidding en met elke Heilige Mis-viering vind die volgende plaas: ons kom bymekaar om God te dank vir al die seëninge wat Hy aan ons geskenk het, met een van die grootste gawes die gawe van Homself in die Eucharistie.
Hierdie heilige handelinge vorm by uitstek die hoogtepunt waarna al die Kerk se aksies strewe, en is die bron waaruit alle lewenskrag voortvloei. (Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 218-219 )
Die middelpunt van die liturgiese tyd is die Sondag, die grondslag en kern van die hele liturgiese jaar, wat sy hoogtepunt bereik in die jaarlikse Paasfees, die fees bo alle feeste.
Die Eucharistie is die werklike offer van die Liggaam en Bloed van die Here Jesus Christus. Hierdie offer het Hy ingestel om die kruisoffer deur die eeue heen tot by sy wederkoms te laat voortduur. Daardeur het Hy aan sy Kerk die herdenking van sy dood en opstanding toevertrou. Die Eucharistie is die teken van eenheid, die band van liefde
Die Eucharistie is die werklike offer van die Liggaam en Bloed van die Here Jesus Christus. Hierdie offer het Hy ingestel om die kruisoffer deur die eeue heen tot by sy wederkoms te laat voortduur. Daardeur het Hy aan sy Kerk die herdenking van sy dood en opstanding toevertrou. Die Eucharistie is die teken van eenheid, die band van liefde, die Paasmaal, waarby Christus genuttig word en die gelowiges se harte met genade vervul word. Dit is ons waarborg van die ewige lewe.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 271)
Christus het die Heilige Eucharistie op Witte Donderdag ingestel, "in die nag waarin Hy oorgelewer is" (1 Kor. 12.23), terwyl Hy met sy apostels besig was om die laaste Avondmaal te vier.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 272)
Wie was teenwoordig toe Jesus die Heilige Eucharistie ingestel het?
Die apostel was teenwoordig toe Onse Here die Heilige Eucharistie ingestel het.
Nadat Hy sy apostels in die bovertrek byeengebring het, het Jesus brood in sy hande geneem, dit gebreek en aan hulle gegee met die woorde "Neem en eet almal hiervan, dit is my Liggaam wat vir julle oorgelewer sal word". Daarna het Hy die beker met wyn gevul in sy hande geneem en vir hulle gesê: "Neem en drink almal hieruit; dit is die bek
Nadat Hy sy apostels in die bovertrek byeengebring het, het Jesus brood in sy hande geneem, dit gebreek en aan hulle gegee met die woorde "Neem en eet almal hiervan, dit is my Liggaam wat vir julle oorgelewer sal word". Daarna het Hy die beker met wyn gevul in sy hande geneem en vir hulle gesê: "Neem en drink almal hieruit; dit is die beker van my Bloed, van die nuwe en ewige verbond, wat vir julle almal uitgestort sal word tot vergifnis van sonde. Doen dit tot My gedagtenis."
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 273)
Die Eucharistie is die bron en hoogtepunt van die hele Christelike lewe. In die Eucharistie vind ons die hoogtepunt van God se heiligende handeling in ons lewens, asook die hoogtepunt van ons verering van God. Die Eucharistie vervat al die geestelike rykdom van die Kerk; naamlik Christus self, ons Paaslam. Ons deelname aan die goddelike l
Die Eucharistie is die bron en hoogtepunt van die hele Christelike lewe. In die Eucharistie vind ons die hoogtepunt van God se heiligende handeling in ons lewens, asook die hoogtepunt van ons verering van God. Die Eucharistie vervat al die geestelike rykdom van die Kerk; naamlik Christus self, ons Paaslam. Ons deelname aan die goddelike lewe en die eenheid van die volk van God word deur die Eucharistie uitgedruk en bewerkstellig. Deur die Eucharistieviering verenig ons ons nou reeds met die hemelse liturgie en kry ons 'n voorsmaak van die ewige lewe.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 274)
Die onuitputlike rykdom van hierdie sakrament word uitgedruk deur die verskillende name waarmee dit aangedui word. Deur dié name word die bepaalde aspekte van dié sakrament beklemtoon. Die bekendste is:
Die onuitputlike rykdom van hierdie sakrament word uitgedruk deur die verskillende name waarmee dit aangedui word. Deur dié name word die bepaalde aspekte van dié sakrament beklemtoon. Die bekendste is:
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 275)
In die Ou Verbond is die Eucharistie vooruit aangekondig in die jaarlikse Paasmaal wat elke jaar deur die Jode met ongesuurde brood gevier is, ter herinnering aan hul haastige en bevrydende vertrek uit Egipte. Jesus het die Eucharistie in sy onderrig aangekondig en dit tydens die Laaste Avondmaal ingestel terwyl Hy met sy apostels die Paa
In die Ou Verbond is die Eucharistie vooruit aangekondig in die jaarlikse Paasmaal wat elke jaar deur die Jode met ongesuurde brood gevier is, ter herinnering aan hul haastige en bevrydende vertrek uit Egipte. Jesus het die Eucharistie in sy onderrig aangekondig en dit tydens die Laaste Avondmaal ingestel terwyl Hy met sy apostels die Paasmaal gevier het. Getrou aan die Here se opdrag: "Doen dit tot my gedagtenis" (1 Ko. 11,24)j, het die Kerk nog altyd die Eucharistie gevier; veral op Sondag, die dag van die Here se opstanding.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 276)
Die viering geskied in twee groot dele, wat saam een erediens vorm; die Liturgie van die Woord, wat die verkondiging en aanhoor van die Woord van God behels; en die Liturgie van die Eucharistie, wat die aanbieding van die brood en wyn, die Eucharistiese gebed oftewel die anafora met die konsekrasie woorde bevat.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 277)
Dit is die geldig gewyde biskop of priester wat optree in die persoon van Christus, die Hoof en in die naam van die Kerk.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 278)
Dit is koringbrood en druiwewyn.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 279)
Die Eucharistie is die gedagtenis in dié sin dat dit die offer teenwoordig maak en verwerklik wat Christus eens en altyd op die kruis aan die Vader en tot heil van alle mense gebring het.
Die offerkarakter van die Eucharistie kom in die instelling woorde self tot uiting: "Dit is my Liggaam wat vir hulle gegee word" en "Hierdie beker is di
Die Eucharistie is die gedagtenis in dié sin dat dit die offer teenwoordig maak en verwerklik wat Christus eens en altyd op die kruis aan die Vader en tot heil van alle mense gebring het.
Die offerkarakter van die Eucharistie kom in die instelling woorde self tot uiting: "Dit is my Liggaam wat vir hulle gegee word" en "Hierdie beker is die nuwe verbond beseël deur my Bloed, wat vir julle vergiet word" (Luk. 22, 19-20)
Die kruisoffer en die offer van die Eucharistie is een en dieselfde offer. Ook die slagoffer en die offeraar/priester is een en dieselfde. dit is slegs die manier van offer wat verskillend is: aan die kruis was dit 'n bloedige offer, en in die Eucharistie geskied dit op onbloedige wyse.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 280)
In die Eucharistie word Christus se offer ook die offer van die lede van sy Liggaam. Die lewe van die gelowiges, hul lofprysing, hul lyding, hul gebed, hul werk, word verenig met dié van Christus. As offer word die Eucharistie ook opgedra vir alle lewende en oorlede gelowiges, as herstel vir die skade wat almal se sondes veroorsaak, en
In die Eucharistie word Christus se offer ook die offer van die lede van sy Liggaam. Die lewe van die gelowiges, hul lofprysing, hul lyding, hul gebed, hul werk, word verenig met dié van Christus. As offer word die Eucharistie ook opgedra vir alle lewende en oorlede gelowiges, as herstel vir die skade wat almal se sondes veroorsaak, en om van God geestelike en nie-geestelike gunste te verkry. Ook die hemelse Kerk word verenig met die offerande van Christus.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 281)
Jesus Christus is op 'n unieke wyse en onvergelyklike manier in die Eucharistie teenwoordig. Met sy Liggaam en Bloed en met sy siel en sy godheid is Hy op 'n waaragtige, werklike en substansiële wyse teenwoordig. In die Eucharistie is Jesus Christus dus, geheel en al as God en mens, op sakramentele wyse, d.w.s. onder die Eucharistiese ged
Jesus Christus is op 'n unieke wyse en onvergelyklike manier in die Eucharistie teenwoordig. Met sy Liggaam en Bloed en met sy siel en sy godheid is Hy op 'n waaragtige, werklike en substansiële wyse teenwoordig. In die Eucharistie is Jesus Christus dus, geheel en al as God en mens, op sakramentele wyse, d.w.s. onder die Eucharistiese gedaantes van brood en wyn, teenwoordig.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 282)
St Ignatius van Antiogië
Transsubstansiasie beteken die verandering van die hele substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van Christus en van die hele substansie van die wyn in die substansie van sy Bloed. Hierdie verandering word in die Eucharistiesegebed bewerkstellig deur die krag van Christus se woorde en die werking van die Heilige Gees. No
Transsubstansiasie beteken die verandering van die hele substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van Christus en van die hele substansie van die wyn in die substansie van sy Bloed. Hierdie verandering word in die Eucharistiesegebed bewerkstellig deur die krag van Christus se woorde en die werking van die Heilige Gees. Nogtans bly die waarneembare kenmerke van brood en wyn, d.w.s. die "Eucharistiese gedaantes", onveranderd.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 283)
Toe onse Here gesê het: "Dit is My liggaam", is die geheel (substansie) van die brood in Sy liggaam verander; en toe Hy sê: "Dit is My bloed," is die geheel (substansie) van die wyn in Sy bloed verander.
Hierdie verandering van die substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van Christus eb van die substansie van die wyn
Toe onse Here gesê het: "Dit is My liggaam", is die geheel (substansie) van die brood in Sy liggaam verander; en toe Hy sê: "Dit is My bloed," is die geheel (substansie) van die wyn in Sy bloed verander.
Hierdie verandering van die substansie van die brood in die substansie van die Liggaam van Christus eb van die substansie van die wyn in die substansie van sy Bloed, word transsubstansiasie genoem
Hierdie verandering word in die Eucharistiesegebed bewerkstellig deur die krag van Christus se woorde en die werking van die Heilige Gees. Nogtans bly die kenmerke van brood en wyn, d.w.s. die "Eucharistiese gedaantes", onveranderd.
(cf. Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 283)
Christus word nie deur die breking van die brood opgedeel nie. In albei van die Eucharistiese gedaantes en in elke deel daarvan is Hy heeltemal en volledig aanwesig.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 284)
Hy bly aanwesig, solank as wat die Eucharistiese gedaantes bly bestaan.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 285)
Die verering van latreia, d.w.s. die aanbidding wat slegs aan God verskuldig is behoort aan die Eucharistie betoon te word. Die Kerk bewaar dan ook die gekonsekreerde hosties met die grootste sorgvuldigheid. die Kerk bring dié na die siekes en ander mense wat nie in staat is om die Heilige Mis by te woon nie. Die Kerk bied verder dié geko
Die verering van latreia, d.w.s. die aanbidding wat slegs aan God verskuldig is behoort aan die Eucharistie betoon te word. Die Kerk bewaar dan ook die gekonsekreerde hosties met die grootste sorgvuldigheid. die Kerk bring dié na die siekes en ander mense wat nie in staat is om die Heilige Mis by te woon nie. Die Kerk bied verder dié gekonsekreerde hosties aan die gelowiges aan om dié Allerheiligste Sakrament wat in die tabernakel bewaar word, te besoek.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 286)
Die Eucharistie is die Paasmaal omdat Christus, wat op sakramentele wyse sy Paasgeheimenisse volbring het, ons sy Liggaam en Bloed aanbied as voedsel en drank en ons met Hom en met mekaar in sy offer verenig.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 287)
Die altaar is die simbool van Christus self, aanwesig as die slagoffer wat opgedra word (die offeraltaar van die kruis), en as die hemelse voedsel wat aan ons gegee word (die altaartafel van die Eucharistie).
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 288)
Die Kerk verplig die gelowiges om op elke Sondag en op die voorgeskrewe feesdae deel te neem aan die Heilige Mis. Verder beveel sy ook aan dat hulle die Heilige Mis op ander dae bywoon.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 289)
Die Kerk beveel aan dat gelowiges wat aan die nodige vereistes voldoen die Heilige Kommunie tydens die Heilige Mis ontvang. Sy skryf voor dat dit ten minste in die Paastyd geskied.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 290)
Om Heilige Kommunie te kan ontvang, moet 'n mens in volle gemeenskap staan met die Katolieke Kerk en in 'n staat van genade waas, d.w.s die betrokke persoon moet van geen doodsonde in sy lewe bewus wees nie. Wie van doodsonde bewus is, mag nie die Eucharistie nader sonder dat hy eers vryspraak ontvang het in die sakrament van boete en ver
Om Heilige Kommunie te kan ontvang, moet 'n mens in volle gemeenskap staan met die Katolieke Kerk en in 'n staat van genade waas, d.w.s die betrokke persoon moet van geen doodsonde in sy lewe bewus wees nie. Wie van doodsonde bewus is, mag nie die Eucharistie nader sonder dat hy eers vryspraak ontvang het in die sakrament van boete en versoening nie. Van belang is ook die ontvanger se gees van inkeer en gebed, sy onderhouding van die Kers se voorskrifte en sy liggaamshouding (gebare, klere) as teken van eerbied vir Christus.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 291)
Die Heilige Kommunie verdiep ons eenwording met Christus en sy Kerk. Verder bewaar en hernuwe dit die genadelewe wat wat ons by die doop en vormsel ontvang het en laat dit ons groei in naasteliefde. Deurdat die Heilige Kommunie ons liefde versterk, wis dit ook daaglikse sonde uit en bewaar dit ons in die toekoms teen doodsondes.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 292)
Omdat die Eucharistie ons met hemelse seëninge en genade vul, versterk dit ons vir die pelgrimsreis van hierdie lewe en laat dit ons verlang na die ewige lewe. Dit verenig ons nou reeds met Christus, wat opgevaar het na die regterhand van die Vader, en met die Kerk in die hemel, met die Geseënde Maagd en met alle heiliges.
(Kompendium van die Kategismus van die Katolieke Kerk 294)
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.