• TUISBLAD
  • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
  • EUCHARISTIESE GEBEDE
  • DIE HEILIGE MIS ORDE
  • KRUISWEË
  • NOVENE
  • More
    • TUISBLAD
    • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
    • EUCHARISTIESE GEBEDE
    • DIE HEILIGE MIS ORDE
    • KRUISWEË
    • NOVENE

  • TUISBLAD
  • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
  • EUCHARISTIESE GEBEDE
  • DIE HEILIGE MIS ORDE
  • KRUISWEË
  • NOVENE

'DIE BLYE BOODKSAP VAN JESUS CHRISTUS'

GEBED & DEVOSIES | NOVENE

WAT IS 'N NOVEEN?

'n Noveen is gebedstyd!


Die term noveen word afgelei van "novem", Latyn vir nege. In die Katolieke Kerk word 'n noveen gedefinieer as 'nege dae van private of openbare gebed en meditasie om spesiale genade van God, in antwoord op ons gebede en versoekinge, te verkry'. In die Joods-Christelike tradisie word die getal agt beskou as 'n feestelike getal wat op 'n nuwe begin aandui, terwyl dit blyk dat die getal nege, dikwels met lyding verband hou.


Op die tiende dag, Pinkster, het die Heilige Gees oor hulle gekom en is die Kerk gebore.

Die kern (en grondslag) van enige Noveen is te vinde in wat deur onse Here Jesus self bepaal is. "Hy het hulle beveel om nie uit Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader." (Handelinge 1:4)  


Ons doen wat Jesus gevra het en wanneer ons dus 'n Noveen bid, bid ons óf dieselfde gebed vir al nege dae óf volg 'n lys van gebede waarvoor elke dag gebid moet word. Elke noveen is 'n bietjie anders in die bedoeling, formulering van gebede en uitvoering. 

HOE OM 'N NOVEEN TE BID?

  • Al wat jy hoef te doen is om die daaglikse noveengebed(e) met 'n opregte hart te bid.


  • Dit is nie nodig om elke dag op dieselfde tyd te bid nie (alhoewel jy kan), of om te vas, of om die Rosekrans bykomend tot die noveen te bid nie. U kan egter steeds al hierdie dinge doen behalwe om te bid, maar dit is nie nodig nie. 




Enige sogenaamde Noveen-gebed wat gewaarborgde resultate belowe en diegene wat hulself nie daaraan toewy nie indirek of direk dreig, is bloot 'n kettingbrief en moet geïgnoreer word. 

LAAT U WIL GESKIED ...

  • Novene moet nie gesien word as magiese beswerings wat die gewenste resultate waarborg nie. 


  • Dit is God wat in beheer is en die heelal bestier en beslis nie ons wat God beheer nie. God is nie 'n genie wat ons in 'n bottel kan druk nie. 


  • God is wel die liefdevolle Hemelse Vader.  Dit beteken dat watter goeie bedoelings ons ook al mee of voor bid, ons moet aanvaar dat God weet wat die beste vir ons is, of ons nou sy goddelike bedoeling verstaan of nie. 


"Laat u wil geskied" is die regte houding van alle Christelike gebed. 

EK HET 'N DAG GEMIS!

Dis is die einde van die wereld ook nie en dit gebeur! As jy 'n dag gemis het, kan jy een van 'n paar dinge doen ... Jy kan óf:

1) die dag wat jy gemis het heeltemal oorslaan, 

2) Twee van die daaglikse gebede op een dag bid, om in te haal, óf 

3) die gebed van die dag wat jy gemis het bid en sodoende een dag agter (die ander) te wees.


Die keuse is joune, en wat jy ook al kies om te doen, is oukei. Daar is geen "reëls" nie en daar is geen "gevolge", indien jy 'n dag sou gemis het nie. Solank jou bedoeling is en was om te bid! Onthou, God is vergewensgesind en barmhartig! 

Jesus herinner ons in die Evangelie om volhardend in gebed te wees en te bly en 'n Noveen-gebed is 'n groot hulpmiddel om juis dit te doen! 

DIESELFDE GEBEDSINTENSIE DEURGAANS?

Gereeld vra mense of hulle dieselfde gebedsintensie vir al 9 dae moet handhaaf en of hulle elke dag 'n ander intensie na gebed kan bring.


Jy kan kies: Wat die belangrikste is, is hoe jy die Here met jou gebedsintensie nader: 'n Nederige en opregte hart, gereed om God se wil te laat geskied.

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | KERKFEESTE

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Kerkfeeste  is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na die Kerkfees van toepassing byvoorbeeld Corpus Christi, Allersiele, Pinkster.

Corpus Christi - Noveen - Voorbereiding op die Fees Boekformaat (pdf)Download
Corpus Christi - Noveen - Voorbereiding op die Fees Enkelbladformaat (pdf)Download

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES A TOT D

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

St Anna - Noveen om die voorspraak van Sint Anna Boekformaat (pdf)Download
St Anna - Noveen om die voorspraak van Sint Anna. Enkelbladformaat (pdf)Download

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES E TOT H

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

St Filip Neri i - Noveen om die Voorspraak van Sint Filip Neri Boekformaat (pdf)Download
St Filip Neri i - Noveen om die Voorspraak van Sint Filip Neri Enkelbaldformaat (pdf)Download
St Filip Neri ii - Noveen om die Voorspraak van Sint Filip Neri. Boekformaat (pdf)Download
St Filip Neri ii - Noveen om die Voorspraak van Sint Filip Neri Enkelbladformaat (pdf)Download

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES J TOT K

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

St Josef - Noveen om die voorspraak van Sint Josef Boekformaat (pdf)Download
St Josef - Noveen om die voorspraak van Sint Josef Enkelbladformaat (pdf)Download

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES L TOT O

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

St Luigi Scrosoppi i - Noveen om die Voorspraak van Sint Luigi Scrosoppi Boekformaat (pdf)Download
St Luigi Scrosoppi i - Noveen om die Voorspraak van Sint Luigi Scrosoppi Enkelbladformaat (pdf)Download

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES P TOT S

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

Files coming soon.

ENKELE AFLAAIBARE NOVEEN-GEBEDE | HEILIGES T TOT Z

Die saamgestelde Noveen-gebede  vir Heiliges is in enkelblad- of boekformaat beskikbaar. 


Soek na bv. die toepaslike Heilige se naam byvoorbeeld St Anna, St Josef, of Die Maagd Maria.

Files coming soon.

Kopiereg ©1997 - 2026 AfrikaansKatoliek asook Die Oratorium Uitgewery™ - Alle Regte Voorbehou.

  • TUISBLAD
  • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
  • EUCHARISTIESE GEBEDE
  • DIE HEILIGE MIS ORDE
  • WAT IS DIT?
  • KLEDINGSTUKKE EN KLEURE?
  • DIE ONSE VADER-GEBED
  • KRUISWEË
  • NOVENE
  • VRAE & ANTWOORDE

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept