Die Eucharistiese Gebed begin wanneer die selebrant (die priester of die biskop) sy arms uitstrek en die Prefasie bid: "Mag die Here met u wees ... Verhef u harte... Laat ons die Here onse God dank..." en is die kern, hoogte- en middelpunt van die Heilige Mis. Dit is 'n dankseggingsgebed, die Kerk se groot "danksegging voor die maaltyd".
Deur ons deelname erken ons saam met die selebrant dat dit paslik en reg is om ons dank en lof aan God te bied. Regdeur die gebed dank ons God vir ons verlossing in Christus, die misterie van ons geloof, deur een van die drie Geheimenisse van die Geloof responsies te bid: "Ons verkondig u Dood, o Here, ons bely u Opstanding totdat U weer kom." "As ons hierdie Brood eet en uit hierdie Beker drink, verkondig ons u Dood, o Heer, totdat U weer kom." "Redder van die wêreld red ons, want deur u Kruis en Opstanding het U ons vrygemaak."
Die Romeinse Missaal bied ons verder tien weergawes van die Eucharistiese Gebed, met ‘n verdere drie ander vir gebruik in Misse met kinders. Die hoofelemente van elke Eucharistiese Gebed is dieselfde en volg 'n opeenvolgende patroon (GIRM 79):
a) Die danksegging (veral uitgedruk in die Prefasie), waarin die selebrant, namens die hele volk van God en saam met hulle verenig, God die Vader verheerlik en God dank vir die verlossingswerk, volgens die dag, fees of tyd van die jaar.
b) Die Sanctus (Heilig, Heilig, Heilig), waardeur ons hoorbaar God se lof saam met al die hemelse magte en kragte besing. Hierdie akklamasie saam met die Geheimenis van die Geloof en die groot Amen behoort altyd deur almal gesing te word – nie net die koor nie.
c) Die Epiklese, waarin ons die Heilige Gees aanroep sodat beide die gawes wat aangebied word en diegene wat dit offer, Christus se Liggaam en Bloed word vir die redding van hulle wat daarin sal deel.
d) Die Instellings verhaal en Konsekrasie, waardeur ons met dankbaarheid die woorde en dade van Christus tydens die Laaste Avondmaal, voor God erken, toe hy sy Liggaam en Bloed as brood en wyn aangebied het, dit aan die apostels gegee het om te eet en te drink, en hulle beveel het om dit altyd tot sy gedagtenis te doen.
e) Die Anamnesis waardeur ons Christus se opdrag uitvoer deur hierdie gedenkteken te vier, en veral sy Passie, Opstanding en Hemelvaart in herinnering te roep.
f) Die Oblasie oftewel Offer, waardeur ons, die Liggaam van Christus, die Kerk wat hier en nou vergader het, in hierdie einste viering verenig staan en met Christus in die Heilige Gees in sy sélf offer aan die Vader offer. Sodoende leer ons ook om onsself aan te bied, en dus dag vir dag in eenheid met God en met mekaar gebring te word deur Christus, sodat God uiteindelik alles in almal kan wees. (Dié is die ware "offertorium" van die Mis.) volg/
/vervolg
g) Die voorbidding, waardeur ons bid dat God in hierdie vergadering sal optree en die verlossingswerk in die wêreld sal voortsit. Hierdie voorbidding verkondig die teenwoordigheid van die hele Kerk: lewend en dood, hemel en aarde, die teenwoordiges en die afwesiges, diegene wat met die plaaslike en universele Kerk vergader is.
h) En laastens, die Slot doksologie, waarin ons terugkeer na ‘n gees van lofprysing, en die eer aan God gee deur Christus, en met Christus en in Christus deur met ons vreugdevolle groot Amen te antwoord. Die gemeente bevestig dus alles wat in die Eucharistiese gebed gebid is: die belangrikste akklamasie tydens die hele viering.
Die Eucharistiese Gebed kan gespreek of gesing word. Uit die aard van die saak vereis dit dat slegs die selebrant dit op grond van sy Wyding moet sê. Die volk moet hulle van hulle kant af in geloof en in stilte met die selebrant vereenselwig, asook deur middel van hulle antwoorde, soos voorgeskryf in die loop van die Eucharistiese Gebed (GIRM 147). Op 'n manier bid die selebrant namens ons almal.
Die volgende opmerkings dien om te help om vertroudheid met die verskillende tekste wat tydens die Heilige Mis of die Liturgie van die Eucharisties van die Rooms-Katolieke Kerk gebruik word te bewerkstellig.
Daar is verskillende Eucharistiese gebede wat die selebrant (die priester of biskop) naby die middel van die mis kan kies. Elkeen hiervan het 'n soortgelyke struktuur en elkeen bevat 'n paar woorde wat identies is in byna al die Eucharistiese gebede, veral die Geheimenisse van die Geloof ( Anamnesis) wat deur al die mense gesing of verkondig word, en die Woorde van Instelling en Konsekrasie wat deur die selebrant gebid word en wat die woorde insluit wat Jesus self tydens die Laaste Avondmaal gespreek het.
Hieronder vind u die aflaaibare 2013 goedgekeurde Afrikaanse tekste van die die Eucharistiese Gebede soos vervat in die Romeinse Altaarmissaal. Hierdie weergawes vervang die vorige gepubliseerde tekste.
Spesiale teks weergawes in Disleksiese skrif is op aanvraag beskikbaar.
EUCHARISTIESE GEBED I
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED II
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED III
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED IV
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED I - VIR VERSOENING
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED II - VIR VERSOENING
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED I - VIR VERSKEIE BEHOEFTES
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED II - VIR VERSKEIE BEHOEFTES
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
EUCHARISTIESE GEBED IV - VIR VERSKEIE BEHOEFTES
Die © AMPTELIKE VERTALING 2013. soos goedgekeur deur die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppe Konferensie, voorberei deur die Afrikaanse Taal Pastorale Streek van dieselfde Konferensie.
© ALLE REGTE VOORBEHOU
We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.