• TUISBLAD
  • JUBELJAAR SPESIALE TEKSTE
  • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
  • DIE ONSE VADER-GEBED
  • KRUISWEË
  • NOVENE
  • More
    • TUISBLAD
    • JUBELJAAR SPESIALE TEKSTE
    • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
    • DIE ONSE VADER-GEBED
    • KRUISWEË
    • NOVENE
  • TUISBLAD
  • JUBELJAAR SPESIALE TEKSTE
  • DIE HEILIGE EUCHARISTIE
  • DIE ONSE VADER-GEBED
  • KRUISWEË
  • NOVENE

Welcome

GEBEDE & DEVOSIES

GEBEDE & DEVOSIESGEBEDE & DEVOSIESGEBEDE & DEVOSIES

 'n Gids en noodsaaklike metgesel vir gebed

AfrikaansKatoliek Hoofblad

DAAGLIKSE GEBEDE

GEBED BESKIK OOR DIE KRAG OM MENSE LEWENS TE VERANDER

Hoewel gebed net aangeleer en ontwikkel word deur dit SELF te doen, kan die voorbeeld van ander mense se gebedslewens tot groot nut wees. Elke mens wat betekenis probeer vind in sy of haar lewe, weet dat 'n mens tyd en plek moet inruim om 'n bietjie ernstig te raak oor God.


‘n Groot verskeidenheid Katolieke gebede en devosies, word hier aangebied. alles wat nodig is, van basiese gebede soos die Onse Vader-gebed, tot Oggend- en Aandgebede, en gebede vir verskillende behoeftes en geleenthede. Daarbenewens word die Heilige Misorde en die Eucharistiese Gebede-tekste ook voorsien.  


Gebed lewer baie resultate, maar ten slotte sal ons net dié volgende wil beklemtoon: God word verheerlik deur ons gebede. Kom, laat ons bid (c.f. Johannes 14:13). 

ENKELE VAN DIE MEER ALGEMENE DAAGLIKSE GEBEDE

DIE KRUISTEKEN

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

† In die naam van die Vader, 

† en van die Seun,

† en van die Heilige Gees. Amen.

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

Eer aan die Vader,

en aan die Seun,

en aan die Heilige Gees.

Soos dit in die begin was,

so ook nou en altyd,

tot in alle ewigheid. Amen.

DIE FATIMA-GEBED

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

DIE FATIMA-GEBED

O my Jesus,

vergewe ons ons sondes

en bewaar ons,

van die vuur van die hel;

Lei alle siele na die hemel,

veral dié wat u barmhartigheid

die meeste nodig het. Amen.

DIE JESUS-GEBED

DIE EER AAN DIE VADER-GEBED

DIE FATIMA-GEBED

Jesus, seun van die lewende God

ontferm U oor my, 'n sondaar. 

Amen.

DIE ONSE VADER-GEBED

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

Onse Vader wat in die Hemel is.
laat u Naam geheilig word. 

laat u koninkryk kom.
laat u wil geskied 

soos in die hemel

netso op die aarde.
Gee ons vandag

ons daaglikse brood.
en vergeef ons, ons skulde, 

soos ons ook 

ons skuldenaars vergewe.
En lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.

Want aan U 

behoort die koninkryk,
en die krag en die heerlikheid 

tot in ewigheid. Amen.

Meer omtrent die Onse Vader-gebed

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

Allerheiligste, heerlike God, 

verlig die donker van my hart.

Gee my ware geloof, 

vaste hoop en volmaakte liefde, 

insig en kennis, Here, 

dat ek u heilige 

en ware gebod mag uitvoer.

Amen.

'N LOFPRYSING VAN GOD GEBED

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

'N LOFPRYSING VAN GOD GEBED

Slegs U is heilig, Here God,

  wat wonders doen. 

U is sterk, U is groot, 

U is die Allerhoogste, 

U is die almagtige Koning, 

  ons heilige Vader, 

Heerser oor hemel en aarde. 

U is drie en een, 

Here God van die gode. 

U is goed, 

  die hoogste goed, allergoed, 


Here God, lewend en waaragtig. U is welwillendheid en liefde. 

U is wysheid, 

U is neder

Slegs U is heilig, Here God,

  wat wonders doen. 

U is sterk, U is groot, 

U is die Allerhoogste, 

U is die almagtige Koning, 

  ons heilige Vader, 

Heerser oor hemel en aarde. 

U is drie en een, 

Here God van die gode. 

U is goed, 

  die hoogste goed, allergoed, 


Here God, lewend en waaragtig. U is welwillendheid en liefde. 

U is wysheid, 

U is nederigheid, 

U is lankmoedigheid, 

U is ’n vaste toeverlaat, 

U is vrede, 

U is vreugde en blydskap, 

U is geregtigheid

  en gematigdheid, 

U is ons hele rykdom. 

U is skoonheid, 

U is sagsinnigheid, 

U is ons beskermer, 

U is ons bewaarder en

  verdediger, U is ons krag, 

U is ons lafenis 

  en U is ons hoop, 

U is ons geloof, 

U is ons diepste bekoring, 

U is die ewige lewe. 

Groot en 

  bewonderenswaardige Here, almagtige God, 

  heilige en genadige Verlosser.

DIE GODDELIKE LOFPRYSINGE

'N GEBED VOOR DIE KRUISBEELD

'N LOFPRYSING VAN GOD GEBED

V/ Geseënd is God.  
R/ Geseënd is God.


V/ Geseënd is sy Heilige Naam.

R/ Geseënd is sy Heilige Naam.


V/ Geseënd is Jesus Christus, waarlik God en waarlik mens.             R/ Geseënd is Jesus Christus waarlik God en waarlik mens.


V/ Geseënd is

die Naam van Jesus.
R/ Geseënd is 

die Naam van Jesus.


V/ Geseënd is die 

Allerheiligste Hart van Jesu

V/ Geseënd is God.  
R/ Geseënd is God.


V/ Geseënd is sy Heilige Naam.

R/ Geseënd is sy Heilige Naam.


V/ Geseënd is Jesus Christus, waarlik God en waarlik mens.             R/ Geseënd is Jesus Christus waarlik God en waarlik mens.


V/ Geseënd is

die Naam van Jesus.
R/ Geseënd is 

die Naam van Jesus.


V/ Geseënd is die 

Allerheiligste Hart van Jesus.
R/ Geseënd is die 

Allerheiligste Hart van Jesus.


V/ Geseënd is sy Kosbare Bloed.
R/ Geseënd is sy Kosbare Bloed.


V/ Geseënd is Jesus Christus, 

in die Allerheiligste Sakrament van die Altaar.  
R/ Geseënd is Jesus Christus, 

in die Allerheiligste Sakrament van die Altaar.


V/ Geseënd is die Heilige Gees, die Vertrooster.  
R/ Geseënd is die Heilige Gees, die Vertrooster.


V/ Geseënd is die 

verhewe Moeder van God, 

die allerheilige Maria.
R/ Geseënd is die 

verhewe Moeder van God, 

die allerheilige Maria. 


V/ Geseënd is haar heilige 

en onbevlekte Ontvangenis.
R/ Geseënd is haar heilige 

en onbevlekte Ontvangenis.


V/ Geseënd is haar glorieryke opneming in die hemel.
R/ Geseënd is haar glorieryke opneming in die hemel.


V/ Geseënd is die naam 

van Maria, Moeder en Maagd.
R/ Geseënd is die naam 

van Maria, Moeder en Maagd.


V/ Geseënd is die heilige Josef,

haar allersuiwerste bruidegom.
R/ Geseënd is die heilige Josef,

haar allersuiwerste bruidegom.


V/ Geseënd is God 

in sy engele en sy heiliges.

R/ Geseënd is God 

in sy engele en in sy heiliges.


V/ Laat ons bid:
Here, hierdie Wonderbare Sakrament bring ons voor die werklikheid van u Lyding;  ons bid U: Mag ons dié Heilige Geheimenis van u Liggaam en Bloed só vereer, dat die vrug van die verlossing steeds in ons sal toeneem. Deur Christus onse Here, Hy wat ,ry U in die eenheid van die Heilige Gees, leef en heers, tot in alle ewigheid. 

R/ Amen. 

GEBED TOT DIE HEILIGE GEES

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

V/ Kom Heilige Gees, 

vervul die harte van u gelowiges;

R/ en ontvlam in hulle 

die vuur van u liefde.


V/ Stuur uit u Gees 

en alles word herskape;

R/ en U sal die aanskyn 

van die aarde hernuwe.


V/ Laat ons bid:

God wat die harte 

van die gelowiges deur die Heilige Gees verlig en geleer het, gee dat ons in dieselfde Gees werklike wysheid mag besit

V/ Kom Heilige Gees, 

vervul die harte van u gelowiges;

R/ en ontvlam in hulle 

die vuur van u liefde.


V/ Stuur uit u Gees 

en alles word herskape;

R/ en U sal die aanskyn 

van die aarde hernuwe.


V/ Laat ons bid:

God wat die harte 

van die gelowiges deur die Heilige Gees verlig en geleer het, gee dat ons in dieselfde Gees werklike wysheid mag besit, en altyd sy vertroosting mag geniet. 

Deur Christus, onse Here.

R/ Amen.

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

EK glo in een God, 

die almagtige Vader,
Skepper van hemel en aarde;
en van alles sigbaar

en onsigbaar.
Ek glo in een 

Here Jesus Christus,
die Eniggebore Seun van God,
gebore uit die Vader 

voor alle tye,
God uit God, Lig uit Lig,
waaragtige God 

uit waaragtige God,
verwek, nie gemaak nie,
een in wese met die Vader, 

deur wie alles gemaak is.

EK glo in een God, 

die almagtige Vader,
Skepper van hemel en aarde;
en van alles sigbaar

en onsigbaar.
Ek glo in een 

Here Jesus Christus,
die Eniggebore Seun van God,
gebore uit die Vader 

voor alle tye,
God uit God, Lig uit Lig,
waaragtige God 

uit waaragtige God,
verwek, nie gemaak nie,
een in wese met die Vader, 

deur wie alles gemaak is.
Hy het vir ons mense 

\en ter wille van ons saligheid
neergedaal uit die hemel.
Hy het vlees geword 

deur die Heilige Gees,
uit die Maagd Maria 

en het mens geword.


Hy is ook vir ons gekruisig.
Hy het onder Pontius Pilatus gely en is begrawe.
Op die derde dag het Hy opgestaan volgens die Skrif.
Hy het opgevaar na die hemel
en sit aan die regterhand 

van die Vader.
Hy sal weer kom in heerlikheid
om die lewendes

 en die dooier te oordeel:
En sy ryk sal sonder einde wees.


Ek glo in die Heilige Gees, 

Here en Lewendmaker,
wat uit die Vader 

en die Seun voortkom,
wat saam met die Vader 

en die Seun aanbid 

en verheerlik word
wat gespreek het 

deur die profete.


Ek glo in Een, Heilige, 

Katolieke en Apostoliese Kerk.
Ek bely een doop

tot vergifnis van sondes.
Ek verwag die opstanding 

van die dooies,
en die lewe van 

die toekomstige ewigheid. Amen.

DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

EK glo in God, 

die almagtige Vader,
die Skepper van hemel en aarde;
en in Jesus Christus,
sy eniggebore Seun, onse Here,
wat ontvang is 

van die Heilige Gees,
gebore uit die Maagd Maria;
wat gely het 

onder Pontius Pilatus,
gekruisig, gestorwe 

en begrawe is;
wat neergedaal het 

na die doderyk,
die derde dag
weer opgestaan het uit die do

EK glo in God, 

die almagtige Vader,
die Skepper van hemel en aarde;
en in Jesus Christus,
sy eniggebore Seun, onse Here,
wat ontvang is 

van die Heilige Gees,
gebore uit die Maagd Maria;
wat gely het 

onder Pontius Pilatus,
gekruisig, gestorwe 

en begrawe is;
wat neergedaal het 

na die doderyk,
die derde dag
weer opgestaan het uit die dode,
opgevaar het na die hemel
en sit aan die regterhand 

van God,  die almagtige Vader;
vanwaar Hy sal kom 

om te oordeel
die lewende en die dode.
Ek glo in die Heilige Gees,
die Heilige Katolieke Kerk,
die gemeenskap van die heiliges,
die vergifnis van sondes,
die wederopstanding van 

die vlees,
en die ewige lewe. Amen.

DIE WEES GEGROET-GEBED

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA-KONSTANTINOPEL

DIE APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS

Wees gegroet Maria, vol genade

die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue,

en geseënd is Jesus,

die vrug van u skoot.

Heilige Maria, Moeder van God,

bid vir ons sondaars,

nou en in die uur van ons dood.

Amen.

Meer omtrent die Wees Gegroet-gebed & die Rosekrans

DIE ANGELUS-GEBED

DIE ANGELUS-GEBED

DIE ANGELUS-GEBED

V/ Die Engel van die Here 

het aan Maria die boodskap gebring:

R/ En sy het ontvang van die Heilige Gees.

R/ Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue
en geseënd is Jesus die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars,
nou en in die uur van ons dood. Amen.


V/ Aanskou die diensma

V/ Die Engel van die Here 

het aan Maria die boodskap gebring:

R/ En sy het ontvang van die Heilige Gees.

R/ Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue
en geseënd is Jesus die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars,
nou en in die uur van ons dood. Amen.


V/ Aanskou die diensmaagd van die Here:

R/ Laat dit met my gaan volgens u woord.

R/ Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue
en geseënd is Jesus die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars,
nou en in die uur van ons dood. Amen.


V/ Die Woord het vlees geword:

R/ En onder ons gewoon.

R/ Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met u.

Geseënd is u onder die vroue
en geseënd is Jesus die vrug van u skoot. Heilige Maria, Moeder van God, bid vir ons sondaars,
nou en in die uur van ons dood. Amen.


V/ Bid vir ons, heilige Moeder van God:

R/ Dat ons die beloftes van Christus, waardig mag word.

V/ Laat ons bid:
R/ Ons smeek U, Here, stort u genade in ons harte uit, sodat ons wat deur die boodskap van die Engel, die menswording van Christus, u Seun, leer ken het, deur sy lyding en kruis tot die heerlikheid van die opstanding gebring mag word. Deur [dieselfde] Christus, onse Here. Amen.

MAALTYDGEBEDE

DIE ANGELUS-GEBED

DIE ANGELUS-GEBED

VOOR DIE MAALTYD

Begin met

Die Kruisteken

en bid dan

Seën ons o Heer,

en hierdie gawes wat ons

vanuit u goedheid gaan ontvang.

Deur Christus onse Here.

Amen.


Opsioneel kan 'n aanroeping of aanroepinge tot Naamheiliges of die heilige van die dag gemaak word  asook die Wees Gegroet-gebed, bv.:

St. (Heilige se naam), 

bid vir ons.


VOOR DIE MAALTYD

Begin met

Die Kruisteken

en bid dan

Seën ons o Heer,

en hierdie gawes wat ons

vanuit u goedheid gaan ontvang.

Deur Christus onse Here.

Amen.


Opsioneel kan 'n aanroeping of aanroepinge tot Naamheiliges of die heilige van die dag gemaak word  asook die Wees Gegroet-gebed, bv.:

St. (Heilige se naam), 

bid vir ons.

Wees gegroet Maria .. 

Sluit af met

Die Kruisteken


NÁ DIE MAALTYD

Begin met

Die Kruisteken

en bid dan

Ons gee U dank almagtige God

vir hierdie gawes wat ons 

uit u goedheid ontvang het

Mag die siele van die ontslape

gelowiges in u vrede rus.

Amen.

Sluit af met

Die Kruisteken

'N SLAAPTYDGEBED

DIE ANGELUS-GEBED

'N SLAAPTYDGEBED

Begin met

Die Kruisteken

† In die naam van die Vader, † en van die Seun, † en van die Heilige Gees. Amen.


Liewe GOD,
soos ek my neerlê om te slaap
bid ek om die volgende:
laat my lyf nou ontspan,
my verstand tot rus kom, en

dit wat my gemoed kwel kalmeer.


Help my om myself en alles waarmee ek worstel
in u sterk en liefdevolle omhelsing oor te

Begin met

Die Kruisteken

† In die naam van die Vader, † en van die Seun, † en van die Heilige Gees. Amen.


Liewe GOD,
soos ek my neerlê om te slaap
bid ek om die volgende:
laat my lyf nou ontspan,
my verstand tot rus kom, en

dit wat my gemoed kwel kalmeer.


Help my om myself en alles waarmee ek worstel
in u sterk en liefdevolle omhelsing oor te gee.

En wanneer ek slaap -
laat u Gees my hart 

en siel omvou,
sodat ek, wanneer ek ontwaak,
sal vind dat ek 

tydens my nagrus
die volgende ontvang het:
lig vir my pad,
krag vir my take,
gemoedsrus vir alles wat my pla
en vergifnis vir my sondes.


Gee my vannag 

die gawe van slaap
en môre oggend 

die krag om te lewe. Amen

'N OGGENDGEBED

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

'N SLAAPTYDGEBED

Begin met

Die Kruisteken

† In die naam van die Vader, † en van die Seun, † en van die Heilige Gees. Amen.


en bid dan

Heilig, heilig, heilige Here, 

God van die leërskare: 

Die hemel en aarde is vol van u glorie. Hosanna in die hoogste.


sluit af met

Die Eer aan die Vader-gebed

Eer aan die Vader, en aan die Seun, en aan die Heilige Gees. Amen.

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

My Here en my God,

ek glo alles 

wat U geopenbaar het

en wat u Heilige Kerk my leer,

omdat U, 

die onfeilbare Waarheid,

dit gesê het.

In hierdie geloof

wil ek lewe en sterwe.

Amen.

'N DAAD OF AKTE VAN HOOP

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

'N DAAD OF AKTE VAN GELOOF

My Here en my God,
ek hoop om deur die verdienste
van onse Here Jesus Christus,
die ewige geluk te ontvang,
asook die genade 

om dit te verdien.
O oneindige Goeie en Almagtige,
ewig getrou in u beloftes.
Met hierdie hoop
wil ek lewe en sterwe.
Amen.

'N DAAD OF AKTE VAN LIEFDE

'N DAAD OF AKTE VAN LIEFDE

'N DAAD OF AKTE VAN LIEFDE

My Here en my God,

ek bemin U bo alles 

met my hele hart,

omdat U 

die oneindige Goeie God is

en al ons liefde U toekom.

Uit liefde vir U het ek ook

my naaste lief soos myself.

In hierdie liefde

wil ek lewe en sterwe.

Amen.

'N DAAD OF AKTE VAN BEROU

'N DAAD OF AKTE VAN LIEFDE

'N DAAD OF AKTE VAN LIEFDE

My God, 

\ek het berou oor al my sondes

en smeek U om vergifnis.

Ek verafsku hulle 

met my hele wese

omdat ek as gevolg daarvan

u straf verdien het,

my liefdevolle Verlosser gekruisig het,

en veral omdat ek U,

die oneindige Goeie God,

daardeur aanstoot gegee het.


Ek is ernstig van voornemens

om met behulp van u genade,

U nooit weer te beledig nie

en alle moontlike sondige situasies te vermy. Amen.


Kopiereg ©1997 - 2024 AfrikaansKatoliek asook Die Oratorium Uitgewery™ - Alle Regte Voorbehou.

  • TUISBLAD

Powered by

This website uses cookies.

We use cookies to analyze website traffic and optimize your website experience. By accepting our use of cookies, your data will be aggregated with all other user data.

Accept